------ Forwarded Message
From: Eugene Kruger <editor@sabass.com>
Organization: SA BASS
Reply-To: Eugene Kruger <editor@sabass.com>
Date: Thu, 5 Oct 2006 13:05:32 +0200
To: <4_babich@fishingowl.co.za>
Subject: Vaal River
Hi Trevor
This is ther mail I sent in support of Morne's mail. If you want a translation, let me know.
Me Melissa Lintnaar-Strauss,
Assistent Direkteur,
Dept. Waterwese.
Goeiedag
As lid van die internasionale komitee van die Internasionale Roofvisvereniging (International Game Fish Association) is dit deel van my take om betrokke te raak by sake wat sporthengel in Suid-Afrika raak.
Die omvang van allerhande soorte besoedeling in die Vaalsisteem is wyd verspreid en kom al lankal voor, nie net vanjaar nie. Dit is 'n bron van groot kommer, nie net omdat die Grootbek-geelvis, wat op die rooidatalys is, nog erger as ooit bedreig word, maar ook dat dit die hele toerisme bedryf van die Vaalrivier erg knou met gepaardgaande verlies van werkgeleenthede ensomeer; om nie eens te praat van die akute gesondsheids gevare wat dit vir plaaslike gemeenskappe inhou nie.
In 2008 word die Wêreld Karpkampioenskap by Bloemhofdam deur Suid-Afrika aangebied, die heel eerste keer dat SA so iets aanbied, en daar is alreeds maagkoors aangemeld in die Bloemhof omgewing. Dit is niks minder nie as 'n skande dat so iets in Suid-Afrika gebeur, en hou gevaarlike implikasies vir die land in.
Ek moet gereeld verslag aan IGFA doen oor Suid-Afrika se sporthengel aangeleenthede, en u sal begryp dat dit onder die huidige omstandighede bitter moeilik is om positiewe beriggewing te doen.
Ek skaar myself dus by Mornè Viljoen se skrywe aan u, en moedig u en u departement sterk aan om daardwerklike stappe te doen om die skuldiges vas te trek, en ook om die volle omvang van die bestaande wette toe te pas. As die departement net wil, kan dit gedoen word!
Eugene Kruger
Internasionalekomitee: IGFA
Redakteur: SA Bass tydskrif;
Redakteur: Die Oewerhengelaar tydskrif.