 |
|
|
From: "Thomas Du Toit" <tom.savethevaal@gmail.com>
Date: 23 May 2009 11:41:53 PM
Subject: Fw: Swak watergehalte
Info update
Regards
Thomas
----- Original Message -----
From: Jaap Kelder <mailto:info@zanli.co.za>
Vir u almal se kennisname .
Groete
Jaap kelder
From: Communique24 [mailto:communique24@telkomsa.net]
Sent: 22 Mei 2009 10:40 nm
To: Undisclosed-Recipient:;
Subject: Swak watergehalte
Groot studie kom oor hoe vuil water in M’langa inwoners raak
May 22 2009 Beeld
Elise Tempelhoff
Loskopdam. – Die mense in Mpumalanga ly erg onder swak watergehalte. Hulle word gemiddeld net 46,5 jaar oud.
Altesame 446 000 mense hiér het vigs, 4 799 het vroeër vanjaar en einde verlede jaar cholera opgedoen en 30 is dood nadat hulle waarskynlik water uit die besmette Sabie-, Krokodil-, Bronkhorstspruit-, Wilge-, Ngwarutjane-, Hoxane- en Begarivier gebruik het.
Die provinsie se mense kort dus dringend beter gehalte water.
Só het me. Martella du Preez, mikrobioloog van die WNNR, gister hier by ’n forumvergadering van die Olifantsrivier gesê.
Du Preez is een van die 19 senior navorsers wat eersdaags een van die grootste navorsingsprojekte ooit op ’n rivierstelsel in Suid-Afrika aanpak. Du Preez sal veral kyk na die besoedelde water se invloed op menslike gesondheid.
Volgens dr. Paul Oberholster van die WNNR gaan die navorsing eersdaags begin. Feitlik alle aspekte van die rivierstelsel sal deur ’n multidissiplinêre span nagevors word sodat ’n rehabilitasieprogram vir die erg besoedelde Olifantsrivier opgestel kan word.
Meer as 160 krokodille het verlede jaar in die Olifantsrivierpoort in die Krugerwildtuin gevrek terwyl duisende visse sporadies die laaste paar jaar in die Loskopdam gevrek het. Wetenskaplikes is dit eens dat die krokodille weens panstearitis (’n harde, oranje verdikking van die vet) gevrek het, maar krap nog kop oor die oorsaak daarvan.
Suur mynwater vol swaar metale wat uit ou steenkoolmyne in die Olifantsrivier loop, rioolafval en onkruid- en insekdoders is maar enkele van die gifstowwe wat die water besoedel.
Volgens Du Preez is die navorsing – met die Loskopdam as middelpunt – noodsaaklik veral om te kyk hoe die besoedelde water menslike gesondheid raak.
Sy het daarop gewys dat 6 uit 9 van die watersuiweringsaanlegte in Mpumalanga nie aan drinkwaterstandaarde voldoen nie. Boonop stroom rioolafval gereeld in die rivier in. Sy het gesê 30 uit 61 van alle rioolaanlegte funksioneer nie behoorlik nie.
Du Preez het gesê die land se beskikbare water moet nóú bewaar word, of dit gaan teen 2030 “heeltemal uitgeput” wees.
Die Loskopvallei word as die kosmandjie van Mpumalanga beskou. Baie van die gewasse wat hier verbou word, is vir die uitvoermark bestem. Volgens boere het hulle al waarskuwings van EurepGap, die Europese Werkgroep vir Kleinhandelprodusente, ontvang oor die swak watergehalte op hul plase.
 |
"Fishing Owl supporting WC reporting" |
|