Bolandse Bobotie

(8 porsies)

1 hoenderaftrekselblokkie
250 ml (1 k) kookwater
3 snye witbrood
30 ml (2 e) olyfolie
1 kg maalvleis
2 groot uie, fyn gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
10 ml (2 t) gerasperde wortel - opsioneel
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn koljander
7,5 ml (1 1/2t) borrie
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) sout
2,5 ml (1/2 t) swartpeper
10 ml (2 t) suiker
30 ml (2 e) wynasyn
3 lourierblare

Bolaag

250 m l (1 k) aangesuurde room
2,5 ml (1/2 t) sout
2,5 ml (1/2 t) varsgemaalde swartpeper
2 eiers, geklits

Metode

Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op. Sny die korsies van die snye brood af en week dit in die hoenderaftreksel.

Verhit die olie in 'n kastrol en roerbraai die maalvleis 5 minute lank. Voeg die uie, knoffel en wortel by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die kruie, speserye, suiker en asyn by. Dreineer die brood, maak dit fyn en voeg dit by die maalvleis. Meng dit deeflik, Skep die maalvleismengsel in 'n oon dvaste skottel en druk die lourierbl are in. Meng die bolaag se bestanddele en giet dit bo-oor. Voorverhit die oond tot 190 degree c en bak dit 35 minute lank of totdat die bolaag goudbruin is.

Variasie

Skep die vleismengsel in agt klein bakkies sodat elke gas sy eie bobotie geniet.