Hoender-biltong-en-spekpotjie
(6 tot 8 porsies)

Ek besef biltong is duur en mens wil dit eerder met 'n knipmes in die hand geniet terwyl Breyten Paulse die drieë inrug. Indien jy egter 'n stukkie klam beesbiltong kan afstaan en jy beproef hierdie resep, sal jy voortaan niks anders vir jou rugbygaste tydens rustyd bedien nie. Hier kom hy Pale toe!

Sous
2 hoenderaftrekselblokkies

250 ml (1 k) kookwater

500 ml (2 k) droë witwyn

250 ml (1 k) blatjang

46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)

5 ml (1 t) gedroogde tiemie

5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie

5 ml (1 t) suurlemoenpeper

Hoendergereg
15 ml ( 1e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

12 hoenderdye, ontvel indien verkies

250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)

50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn

10 ml (2 t) gekapte knoffel - opsioneel

2 uie, in ringe gesny

1/2 groen soetrissie, grof gekap

1 seldrystringel, in dun ringe gesny

20 klein aartappeltjies, geskil

4 wortels, skyfies gesny

12 klein uitjies, heel

250 g knopiesampioene

8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny

150g klam beesbiltong, gekerf

250 ml ( 1 k) gerasperde Cheddarkaas

125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle

Metode - Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en boeg dit by. Hou die sous eenkant.

Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en selderu oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en lat dit 1 duur lank prut. Vodg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.