Kerriebotterskorsiesop met room
(8 porsies)
Baie mans trek hulle neuse op vir pampoen. Dis kos
vir babas wat krulhare wil hè, glo hulle. Manne, ek het nuus
vir julle. Hierdie is 'n ander soort pampoensop. Hy toor met jou smaakkliere.
Vra maar vir Zack du Plessis. Hy het so getuig - na sy vyfde bord. Dankie,
Shaleen Surtee - Richards vir jou hulp met die resep op Maak 'n Las.
45 ml (3 e) botter
2 hoenderborsies, ontvel en in repe gesny
2 ui, gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
25 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
10 ml (2 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
2,5 ml (1/2 t) neutmuskaat
2 hoenderekstrakblokkies
1 liter kookwater
750 g botterskorsieblokkies
2 aartappels, geskil en blokkies gesny
1 groen appel, geskil en gekap
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) vars rom
vars, gekapte pieter sielie
Metode
Verhit die botter en roerbraai die hoenderrepies en uie 5 minute lank.
Voeg die knoffel, bransewyn, kerriepoeier, borrie en neutmuskaat by
en roerbraai dit 1 minute lank Los die hoenderekstrakblokkies, aartappels,
appel, kruie, sout en peper by. Bedek dit en laat prut dit 45 minutes
lank oor matige hitte. Laat dit voeg die room by en roer dit deur, Strooi
gekapte pietersiellie oor voor bediening.