Kreef oor die Kole
Johan Carossini, eienaar van die Paternoster Hotel aan die Weskus, is
'n kampioen-kreef-braaier. Ek het daar by sy plek 'n onvergeetlike koslas
gaan maak, Só werk sy geheim, sonder fieterjasies, nes Johan
ook is:
rou krewe
suurlemoensap
vars, gekapte pietersiellie
Bedruipsous vir 6 Krewe
250 ml (1 k) botter, gesmelt
1 groot suurlemoen se sap
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) gekapte knoffel - opsioneel
Metode
Sny die krewe ruglangs met 'n skêr of mes oop sonder om regdeur
die kreef te sny. Breek die kreef verder oop en druk dit plat sodat
die vleiskant na bo lê. Haal die dermpie uit die stert. Meng die
bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die krewe op 'n rooster, bedruip
die vleiskant mildelik met die bedruipsous en laat dit 5 minute lank
sodat die sous deeglik intrek. Plaas die rooster met vleiskante na onder
op 'n staander. 30 cm hoog en braai die kreef 3 minute lank oor matige
kole. Draai dit om, bedruip dit mildelik en braai dit 5 tot 6 minute
lank met die dopkant na onder. Bedruip dit weer voor bediening. Sprinkel
suurlemoensap oor en strooi pietersielle oor.