Potgebraaide lamsribbetjie
(6 tot 8 porsies)

Gert van der Walt, die medevraardiger van Maak 'n Las, is 'n goeie man - net jammer hy skree vir die Blou Bulle. Ek sal hom daardie sondetjie egter vergewe. Gert is, soos ek, lief vir die jagveld en 'n kampvuur. So het ons menige aand met die Suiderkruis bo ons en die hemelsheid van die Bosveld byna tasbaar, net gesit sonder on te praat. Steeds vol bewondering vir die grootsheid van Sy skepping. Gerrie, jy beri die gereg elke keer meesterlik.

75 ml ( 5 e) heel koljander

2 kg Skaap- of lamsrib, in blokke van 5 cm elk opgesny

50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn

30 ml (2 e) growwesout

Metode


Verhit 'n driebeenpot oor matige hitte. Skroei di koljander ongeveer 2 minute lank in die pot. Ror dit voortdurend. Voeg die vleis en brandewyn by en braai dit 40 minute lank. Roer dit dikwels. Voeg die sout by en roerbraai dit nog 5 minute lank of totdat die vleis bruin is. Bedien dit met stywepap of paptert.