Maklike Roosterkoek


Hierdie is my gunsteling-broodgereg wanneer ek en Leon Beukes, storieverteller op Maak 'n Las, en die kleinspan daar by die krismiskamp teen die voet van die Paarlrots gaan braai. Leon sorg vir die kitaar, en die roosterkoek dien as metgesel vir 'n gebraaide lamsrib. En ja, voor ek vergeet, Olof Bergh Solera Brandewyn het daar darem ook 'n ereplek

500 g Bruismeel (1 pakkie)

340 ml bier ( 1 blikkie)

5 ml (1 t) sout

olyfolie

Metode
Meng die bestanddele deeglik en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.


Variasie
Voeg 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.