Peri-peri-plathoender- Manuel Escorcio

Manuel Escorcio is aan ons almal bekend as die singende Portugese Boertjie. Hy is 'n kunstenaar wat altyd alles gee in gehore landwyd bekoor, So het hy ook op Maak 'n Las gesorrg vir een van die groot hoogtepunte met sy musiek en humor. Ek het onlangs ook die koslas saam met hom beproef. Weereens 'n wenner

1 hoender, oopgevlek aan die borskant

Marinade
15 ml (1 e) growwesout

3 knoffelhuisies, gekap

2 lourierblare, fyn gebreek

1 suurlemoen se sap

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) peri-perisous

15 ml (1 e) Olog Bergh Solera Brandewyn

Bedruipsous
1 suurlemoen se sap

45 ml (3 e) botter, gesmelt

10 ml (2 t) peri-perisous

Metode
Maak addisionele snitte met 'n mes in die hoenderboude en - dye sodat die marinade deeglik. Vryf die marinade met die hand deeglik in en plaas die hoender ten minste 3 uur lank in die yskas. Braai die hoender 1 uur lank op 'n hoogte van 30 cm oor stadigekole. Draai dit gereeld. Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik. Verwyder die hoender van die kole en bedruip dit deeglik ment 'n kwas aan beide kante voor bediening.