Gebraaide varkrib

As daar 'n man is wat varkrib kan braai, is dit Ollie Viljoen. Die gereg het geduld nodig - dit braai stadig. Ollie en ek het dit al menig - maal, knipmes in die hand, om die kampvuur beproef - Koningskos!

1 varkrib

growwe seesout

10 ml (2 t) gekapte knoffel

12,5 ml (2 1/2 t) fyn gemmer

5 ml (1 t) gedroogde kruisement

12,5 ml (2 1/2 t) fyn koljander

60 ml (4 e) olyfolie

25 ml Olof Bergh Solera Brandewyn

60 ml (4 e) Worcestersous

125 ml (1/2 k) druiweasyn

125 ml (1/2 k) droë witwyn

Metode

Vryf die rib eers deeglik in met die seesout en daarna met die knoffel, gemmer, kruisement en koljander. Meng die res van die bestanddele deeglik en vryf die rib met 'n bietjie van die vloeistof in. Plaas die rib in 'n bak, giet die res van die marinade oor en marineer dit ten minste 3 uur lank in die yskas. Braai dit 1 tot 1 1/2 uur lank oor matige hitte, hoog be die kole. Draai dit gereeld on en bedruip dit met marinade. Bedien dit met stywepap

Wenk

Die vleissnit wat gebruik word, moet nie lies-en-rib-betjie, oftewel "belly" wees nie.